Respekteer asseblief my kopiereg op die musiek, sang en liriek.


Onder 'n middernagson ("live" opname)

05 Track 5.mp3

Musiek, sang en liriek: Conrad Kruger van den Bergh
Kopiereg: Conrad Kruger van den Bergh (2010)
Klankopname en klankverwerking: John Dirker, Tanglewoods Recording Studios, Port Elizabeth
Daar is 'n wêreldreën wat my voetspore wegvee.
Daar is a wêreldwind wat my verwaai oor die see;
en ek verdwyn, tot verby die horison.
Moet nie vir my wag nie, ek sal nooit terugkom.
Daar op die rant van die hemel is ek 'n lyn
in 'n nagreënboog vermom.
Daar op die rant van die hemel is ek 'n lyn
in 'n nagreënboog vermom.
Ek't te veel dinge gesien wat my hart versteur.
Te veel dinge gedoen wat my brein verweer;
en ek kry seer; wil binne die ruim sweef.
Verdwyn tot niks, oud en afgeleef.
Soos 'n dagliggees,
diep in die heelal ingeweef.
Soos 'n dagliggees,
diep in die heelal ingeweef.
En as jy my dalk wil sien sal jy 'n nagreënboog moet vind
en daar jou oë teen 'n middernagson moet verblind;
en as jy dan kan sien in my heelal wentelbaan,
dan weet jy ek sweef vry, ver hier vandaan.
Ek's 'n daglig gees, onder 'n middernag son.
'n Kleurlose lyn, in 'n nagreënboog vermom.
Ek's 'n dagliggees, onder 'n middernagson.
'n Kleurlose lyn, in a nagreënboog vermom.