Respekteer asseblief my kopiereg op die musiek, sang en liriek

 Mevrou Naudé ("live" opname)

03 Track 3.mp3

 Musiek, sang en liriek: Conrad Kruger van den Bergh
Kopiereg: Conrad Kruger van den Bergh (2010)
Klankopname en klankverwerking: John Dirker, Tanglewoods Recording Studios, Port Elizabeth
Mevrou Naudé, het haar hare weggevee
en my gesien staan en vir my 'n glimlag gegee,
toe nader gestaan en gesê: "Kom drink 'n koppie tee."
Hoe kon ek nee sê, vir Mevrou Naudé.
Mevrou Naudé, sy loop 'n huppel tree
en by haar huis het sy die sleutel 'n draai gegee;
my ingenooi en die gordyne toegevee
en my laat wag vir daai koppie tee.
En haar skadu val sag teen die muur
en sy sê: "Dis so warm, so baie warm hier;
hoe lyk dit eerder met 'n yskoue, yskoue bier;
'n yskoue bier?"
Mevrou Naudé het vir my die koue bier gegee
en haar rok laat val en haar hand oor my lyf gevee.
Toe langs my kom sit al was ek so verleë
en my gesoen en gesê: "Moet net nie sê nee..."
En sy drink die res van my koue bier
en ek vra: "Mevrou, mevrou, wat maak ek hier?"
En sy sê: "Jy is hier, jy is hier...
...vir my plesier, ...vir my plesier, ...vir my plesier."