Respekteer asseblief my kopiereg op die musiek, lirieke en sang


Stella en ek ("live" opname)

01 Track 1.mp3

Sang, musiek en lirieke: Conrad Kruger van den Bergh
Kopiereg: Conrad Kruger van den Bergh (2011)
Klankopname en klankverwerking: John Dirker, Tanglewoods Recording Studios, Port Elizabeth
Oorvertaal na Roemeens deur Ion Riacu


Stella, sweep haar hare in die wind
en sy skud los haar lappe lint;
sy ontknoop haar wilde blommebloes
en laat val haar halsnoer kralekroes;
toe sy onklee het sy vir my
'n stoute wink gegee;
en ek en Stella het geswem,
in die blou, blou see.
Die golwe neurie 'n fluisterwoordespel
en sag wil elkeen iets van haar vertel,
hoe sy in die dieptes van die blou see,
vir my al haar liefde wil gee;
en sy vou haar arms,
so styf teen my lyf
en fluister dat sy,
net hier wil bly.


Youtube video by  https://www.youtube.com/watch?v=6ziZT4t1qro
Oorvertaal na Roemeens deur Ion Raicu,  https://www.youtube.com/watch?v=BWj-NqCi_l8&list=PLN5MgsIB7_2y_oG8N3WFMl1cKuw-Zd5IF&index=5