Respekteer asseblief my kopiereg op die musiek, sang en liriek


Iemand soos ek ("live" opname)

02 Track 2.mp3

Musiek, sang en lirek: Conrad Kruger van den Bergh
Kopiereg: Conrad Kruger van den Bergh (2012)
Klankopname en klankverwerking: John Dirker, Tanglewoods Recording Studios, Port Elizabeth
Oorvertaal na Nederlands deur Bert Deben
Oorvertaal na Roemeens deur Ion Raicu


Ek dag dit was jy hier voor my deur,
maar dit was net die voetstap van die reën.
Ek dag dit was jy wat hier by my kom treur,
maar dit was net die wind wat teen die vensters ween.
Iewers in die nag hoor ek 'n fluistering;
ek dag dit is die storm wat jou na my bring,
maar my oë vind net 'n verduistering
en die leegste nag wat om my kring.
En daar waar jy is so ver oor die see,
is daar iemand wat vir jou liefde gee?
Is daar iemand wat jou dan soen?
Is daar iemand wat doen, wat ek kan doen?
Is daar iemand soos ek?
Is daar iemand soos ek?


Ek sien jou in elke skadu deur die ruit
en hoor jou in elke nag geluid.
Ek droom dat jy hier by my is
en dat jou sagte beeld by my kom rus.
En daar waar jy is so ver oor die see,
is daar iemand wat vir jou liefde gee?
Is daar iemand wat jou dan soen?
Is daar iemand wat doen, wat ek kan doen?
Is daar iemand soos ek?
Is daar iemand soos ek?
Ek dag dit was jy hier voor my deur,
maar dit was net die voetstap van die reën
Youtube video by https://www.youtube.com/watch?v=31BvCBImSKU
Oorvertaal na Nederlands deur Bert Deben http://bertdeben.blogspot.com/2015/04/iemand-soos-ek-iemand-zoals-ik-conrad.html
Oortvertaal na Roemeens deur Ion Raicu https://www.youtube.com/watch?v=sH5mZnfj7uo&list=PLN5MgsIB7_2y_oG8N3WFMl1cKuw-Zd5IF&index=4