Respekteer asseblief my kopiereg op die musiek, sang en liriek


Die ou Spiderwa ("live" opname)

04 Track 4.mp3

Musiek, sang en liriek: Conrad Kruger van den Bergh
Kopiereg: Conrad Kruger van den Bergh (2012)
Klankopname en klankverwerking: John Dirker, Tanglewoods Recording Studios, Port Elizabeth
Hy het 'n ou Spiderwa,
met die een wiel wat lankal pla;
en teen die skemer toe hy haar kom haal,
ry hul die wapad met 'n skommel en 'n mael.
Ho! Ho-ho!
Ou Spiderwa!
Die Spider se rem was afgeroes
en die ysters was te deurgekroes;
en teen die rantjies moes hy van die Spider spring
en die perd in loop met die wiele bring.
Ho! Ho-ho!
Ou Spiderwa!
Die Spider het in die spruit geswik,
want die perd het vir iets geskrik;
en die wiel het in die stoom beland
en gerol en rol tot waar die skemerson brand.
Ho! Ho-ho!
Ou Spiderwa!
Hy het die Spider in die spruit gelos
en die perd gebind teen 'n doringbos;
en haar uit die Spider gedra,
nou wat kan 'n vrou meer van haar Boerseun vra?
Ho! Ho-ho!
Ou Spiderwa!
Daardie aand het hy 'n vuur gebou
en haar in sy arms gehou;
en 'n glimlag gestuur vir die Spiderwa
en die wiel bedank wat homeens so kon pla.
Ho! Ho-ho!
Ou Spiderwa!
Daar druk ek haar, daar druk ek haar nou,
ou Spiderwa!
Daar soen ek haar, daar soen ek haar nou,
ou Spiderwa!
Daar gaan ek, daar gaan ek nou,
ou Spiderwa!
Ha, ha-ha....